Welkom by Orania Toere!

Orania Afrikanertuiste-avontuur

Langs die dig beboste oewer van die Oranjerivier, in die hartjie van ’n sprokieswêreld van  Karoolandskap, wag ‘n unieke ervaring op die besoeker met ‘n begeerte na avontuur, ‘n verkenningstog na iets besonders.

Orania is meer as net ‘n pragtige dorp met talle besienswaardighede, gasvry inwoners en prettige aktiwiteite vir jonk en oud. Orania is die hartklop van die Afrikaner se vryheidsideaal, die verwesenliking van ons volk se eeue-oue hunkering na ‘n plekkie in die son waar ons onbeskaamd ons geloof, taal, tradisies en kultuur kan uitleef.

Orania is ook meer as net ‘n gemeenskap, Orania is die onverhole groeipunt van ons eie selfstandige grondgebied waar ons ons eie lot kan bepaal en met trots die Afrikaner kan bemagtig.

‘n Besoek aan Orania is ‘n ervaring wat ’n mens van meet af vul met sielerus en hoop, maar terselfdertyd ook met ’n energie wat ons laat besef wat vryheid werklik is!

Orania Toere

Ons verskaf ‘n diens wat vir u van ‘n onvergeetlike ervaring van Orania verseker deur ‘n toerpakket aan te bied wat alle vervoer (opsioneel), verblyf, etes, uitstappies en aktiwiteite insluit en dit  teen ‘n afslagprys.

Indien u verkies om met u eie voertuig te kom kuier kan u slegs u verblyf en aktiwiteite, bv. spa-terapië of ‘n kuns en kultuur-uitstappie, bespreek. Ons sluit wel ’n gratis begeleide Orania-oriëntasietoer in vir besoekers wat verkies om die Afrikanertuiste met hul eie voertuie te besoek.

Ons groeptoere bied ‘n fantastiese geleentheid vir die individu, vriende, paartjies en gesinne om al die voordele van ‘n begeleide toer te geniet en om ook nuwe vriende te maak gedurende u vakansie.

Orania Toere bied ook ons diens aan privaatgroepe en buitelandse besoekers. Daar is

  • Luukse vervoer in bussies en toerbusse
  • Gekwalifiseerde, ervare toergidse
  • Vrouemonument- en Magersfonteinuitstappies
  • 4-sterverblyf
  • Orania Rivier Spa
  • Drie etes per dag
  • Begeleide toere van Orania en omliggende gebied
  • Talle aktiwiteite: ’n sonopkomservaring per kano, skemervlotvaart, voëlkyk, roei, hengel, perdry, wandelinge, bergfietstoere, swem, tennis, pluimbal, jukskei, pekanneutboorduitstappies, plaaskombuispret en baie meer

 Klik op ‘n foto om te vergroot



©2009-2010 Orania Vryheid Ervaring Toere in samewerking met Orania Beweging | Webwerf ontwerp en geoptimiseer deur Q&A Projekte