Tuis | Hotel | Chalets | Gasteplaas | Spa | Tariewe | Besprekings


Meerkatgat Gasteplaas

Kom geniet die rustige plaaslewe in die Karoo en verken die pragtige omgewing om Orania. Meerkat Gasteplaas is gelee tussen Orania en Vanderkloof, net buite Petrusville met sy rustieke Karoohuisies en geskiedkundige ou kerk. Die gasteplaas het 5 selfsorg eenhede en 'n ruim onthaalsaal en boma. Die eenhede is ideaal toegerus vir paartjies, gesinne en toergroepe (14 mense).


Verken Orania en die Bo-Karoo

Meerkatgat bied bekostigbare verblyf slegs 20 minute buite Orania en is 'n goeie basis waarvandaan mens die omgewing kan verken. Vanderkloofdam en die Oranjerivier is net om die draai en daar is baie buitelug aktiwiteite vir die hele gesin om te geniet.

Elke eenheid het 'n en suite badkamer, parkering, lugversorging, TV met DSTV, stoep met 'n braai area en ons voorsien eetgerei, beddegoed en handdoeke. Daar is ook 'n speelarea met klimraam en swaaie vir die kleinspan.

Ons het een- en tweeslaapkamer eenhede. Die tweeslaapkamer eenhede het elk 'n toegeruste kombuis. Ons eenslaapkamer eenhede het toegang tot 'n kommunale kombuis en kuierarea. Die onthaalsaal is ideaal vir privaat funksies en het 'n groot kombuis, boma, braaigeriewe, badkamers en oorhoofse projektor.

Orania en Vanderkloof het supermarkte waar alle inkopies daagliks gedoen kan word.

Tariewe en besprekings

Eenslaapkamer: R 400 per nag

Tweeslaapkamer: R 800 per nag

Bespreek aanlyn of stuur 'n epos na besprekings@oraniatoere.co.za

Gratis begeleide toer van Orania

Ons sluit n gratis begeleide toer van Orania in vir besoekers. Die toer duur sowat 2 ure. Gedurende u besoek aan Orania stel ons voor dat u ons dorpie se kunswinkels, boetieks, museum, geskenkwinkels, koffiewinkels, monumente ens. besoek. Na u gratis begeleide toer van Orania sal u 'n goeie idee h waar al die besienswaardighede in Orania gele is.



© Orania Toere. kontak@oraniatoere.co.za. Webwerf ontwerp deur QD. Vertoon beste op Internet Explorer. Sien ook lief-orania.co.za en vryafrikaner.co.za
Tuis | Orania Hotel | Selfsorg Chalets | Orania Rivier Spa | Tariewe | Meer oor Orania | Kontak | Skakels | English