![]() | ||
|
|
||
|
|
|
Orania Oewerhotel en Spa Die asemrowende Orania Oewerhotel en Spa bied twaalf ruim en stylvol versierde kamers wat gaste verseker van 'n luukse volkseie ervaring. Al ons kamers het en-suite badkamers en is toegerus met lugversorging, plasma televisie met DSTV, yskassie, gratis tee en koffie, elektroniese kluis, haardroër en Wi-Fi Internet konneksie. Dit is egter elke kamer se privaat stoepie met pragtige uitsigte oor die dig beboste oewer en die Oranjerivier wat verseker dat u verblyf by ons hotel ekstra spesiaal gaan wees. Ons ontvang graag gaste met rolstoele en kan groepe van maksimum 32 gaste in die hotel akkommodeer. Die oord het ook pragtige chalets wat ingespan word om groter groepe te akkommodeer (maksimum 60). Orania akkommodasie Orania spog met vele gastehuise, selfsorg verblyf, kampering, 'n boskamp en ‘n pragtige vakansieoord, nl. Aan-die-Oewer. Die oord se 4-sterboetiekhotel is die ideale ligging waarvandaan besoekers Orania kan verken en rustig kan ontspan. Die oord bied talle pretaktiwiteite asook ‘n spa en rustieke restaurant met ‘n praguitsig oor die Oranjerivier en omliggende Karoolandskap. Gratis begeleide toer van Orania Ons sluit ‘n gratis 2.5 ure begeleide Orania-oriëntasietoer in vir besoekers. Gedurende u besoek aan Orania stel ons voor dat u ons dorpie se kunswinkels, boetieks, museum, geskenkwinkels, koffiewinkels, monumente ens. besoek. Na u gratis begeleide toer van Orania sal u 'n goeie idee hê waar al die besienswaardighede in Orania te vinde is. Tuisblad | Hotel Kamers | Rivier Spa | Restaurant | Orania | Tariewe | Besprekings | Kontak | Link Exchange | English
© Orania Toere, 'n afdeling van die Orania Oewerhotel en Spa Besoek ook gerus die webwerwe van Orania Toerisme, Orania Markplein en Ons lief Orania! |