Langs die dig beboste oewer van die Oranjerivier, tussen die koppies en uitgestrekte velde van ’n sprokieswęreld Karoolandskap, wag ‘n unieke ervaring op die besoeker in die hartland van die Afrikaner.
Orania is meer as net ‘n pragtige dorp met talle besienswaardighede, gasvry inwoners en prettige aktiwiteite vir jonk en oud. Orania is die hartklop van die Afrikaner se vryheidsideaal, die verwesenliking van ons volk se eeue-oue hunkering na ‘n plek in die son waar ons onbeskaamd ons geloof, taal, tradisies en kultuur kan uitleef.
Orania is ook meer as net ‘n gemeenskap. Orania is die groeipunt van ons eie selfstandige Afrikaner Republiek waar ons ons eie lot kan bepaal en met trots die Afrikaner in ons eie volkstaat kan bemagtig.
‘n Besoek aan Orania is ‘n ervaring wat ’n mens van meet af vul met sielerus en hoop, maar terselfdertyd ook met ’n energie wat ons laat besef wat werklik bedoel word met Afrikaner-vryheid.