![]() | ||
|
|
||
|
|
|
Ons vriendelike personeel bied slegs die hoogste gehalte diens in Afrikaans en is toegewy aan ons visie om elke gas se ervaring van Orania so gemaklik en onvergeetlik moontlik te maak. Dozi kom kuier op 24 Maart by die Oewerhotel om sy nuwe album vry te stel tydens 'n vertoning in die gemeenskapsaal. Idols-finalis Jamie Lee kom kuier saam en ons sien uit na 'n paar pragtige duette van hierdie kunstenaars. Die legendariese klasieke kitaarspeler, Trevor Nasser, volg kort op Dozi se hakke met sy besoek aan Orania op 2 April. Trevor gaan ons gaste betower tydens 'n kerslig konsert by die Oewerhotel met die Oranjerivier wat 'n hanetreetjie van die verhoog verby vloei. Gratis wyn en hors d'ouvres word voorsien. Daar is nog 'n paar kamers beskikbaar by die Oewerhotel gedurende beide Dozi en Trevor se besoeke. Ons bied graag een nag gratis verblyf wanneer gaste twee of meer nagte bespreek gedurende hierdie tydperk. Kaartjie koste en ontbyt is ingesluit in die kamerprys van slegs R 300 per persoon per nag. Meld net "Dozi" of "Trevor" wanneer julle bespreek. Gaste is ook welkom om ons spog Rivier Spa en Oewer Restaurant, bekend vir die beste skaaptjops en biefstukke in die Karoo, te geniet gedurende hul besoek. Ons bied ook vele pret aktiwiteite soos vlotvaart en roei op die Oranjerivier. Ons herinner besoekers graag van die gratis begeleide toer van Orania wat hulle kan geniet tydens hul verblyf by die Oewerhotel. Kom geniet ware sielerus by die luukse Oewerhotel en Spa in Orania. Ervaar eerstehands ons veilige en groeiende Afrikanergemeenskap waar ons taal en kultuur met mening bevorder word, waar ons saamstaan om ons mense te bemagtig en waar 'n skitterende toekoms vir die Afrikaner losgewerk word! Sien julle binnekort! Quintin Diederichs Bemarking Bestuurder Tuisblad | Hotel Kamers | Rivier Spa | Restaurant | Orania | Tariewe | Besprekings | Kontak | Link Exchange | English
© Orania Toere, 'n afdeling van die Orania Oewerhotel en Spa Besoek ook gerus die webwerwe van Orania Toerisme, Orania Markplein en Ons lief Orania! |