Tuisblad      Orania Verblyf      Orania Rivier Spa      Oewer Restaurant      Orania en Omgewing      Tariewe      Besprekings
Orania
Orania Orania

Orania Oewer Restaurant

Die Oewer Restaurant is 'n groot trekpleister vir besoekers aan Orania. Ons pragtige restaurant is geleë op die oewer van die Oranjerivier en bied 'n groot dek tussen skaduryke inheemse bome waar besoekers kan ontspan.

Ons volkskombuis is bekend vir ons smullekker Karoo-lamskotelette, biefstukke, slaaie, kontreikos en tradisionele Afrikaanse disse. 'n Keur van Kaapse landgoed en koöperatiewe kelder wyne is beskikbaar.

Die Oewer Restaurant het ook 'n gesellige kroeg en grootskerm waar gaste sport kan geniet in 'n volkseie atmosfeer.

Gedurende die winter vind Orania se eie wintermark plaas in die skerm-area van die restaurant. Voorwaar 'n opwindende ervaring met 'n wye verskeidenheid plaaslik vervaardidge produkte, goeie Afrikaanse musiek, springkasteel en perdry vir die kleinspan asook smullekker warm kos langs die kampvuur.

Oewer Restaurant besigheid ure

Maandae: Ontbyt (08:00 tot 10:00, slegs vir hotelgaste) en aandete vanaf 18:00 tot laat

Dinsdae tot Saterdae: Ontbyt (08:00 tot 10:00), middagete (12:00 tot 14:00) en aandete (18:00 tot laat).

Sondae: gesluit. Sien Karoo Keur Koffieteria.

Die Oewer Restaurant is ook die ideale ligging vir privaat funksies, troues en spesiale geleenthede.

Skakel ons gerus vir ons nuutste spyskaart. Kontakpersoon: Pierre, tel. 053 207 0243

Kontant betalings alleenlik.

Karoo Keur Koffieteria

Op Sondae word etes bedien by die Karoo Keur Koffieteria, geleë om die draai van die Oewer Restaurant in Orania.

Ontbyt word bedien vanaf 08:00 tot 10:00. Ligte etes word vir die res van die dag bedien tot 17:00. Die meeste van die hoë gehalte bestanddele wat Karoo Keur in hul disse gebruik word hier op Orania geproduseer. Vir verdere navrae of spesiale versoeke skakel Karoo Keur gerus by 082 837 3807. Kontant betalings alleenlik.

Orania

Tuisblad | Hotel Kamers |  Rivier Spa | Restaurant | Orania | Tariewe | Besprekings | Kontak | Link Exchange | English

© Orania Toere, 'n afdeling van die Orania Oewerhotel en Spa

Besoek ook gerus die webwerwe van Orania Toerisme, Orania Markplein en Ons lief Orania!

Orania