![]() | |
|
|
|
|
Die Oranjerivier vloei hier taamlik wyd en dit bied ideale omstandighede vir watersport. Orania het lieflike sonsondergange en snags kan sterrekykers die onbesoedelde hemelruim bespied. Orania val in ‘n somerreënvalgebied en tipies aan die karooklimaat word die somers baie warm. Temperature wissel van 30°C tot 38°C. Winters word deur snerpende koue nagte, maar heerlike dae gekenmerk. In die lente en herfs is die klimaat baie matig. Orania se museum huisves talle geskiedkundige items, soos die Vierkleur wat Jopie Fourie by hom gehad het in die dodesel. ‘n Uitgebreide wapenversameling kan ook besigtig word. Die Verwoerd Gedenkversameling kan besigtig word in die huis waarin mev Betsie Verwoerd haar laaste jare deurgebring het. Talle interessante persoonlike besittings van dr. Verwoerd asook geskiedkundige items van sy era word uitgestal. Die KENWEB Onderwysindustrie kan ook besoek word. Besigtig die onderneming waarvandaan ‘n volledige gerekenariseerde onderwysdiens aan tientalle skole en honderde tuisskole in suidelike Afrika verskaf word, asook aan leerders in 15 lande regoor die wêreld. Kleingeluk is die buurt waar besoekers unieke strooibaalhuise, ontwerp en gebou deur ‘n plaaslike argitek, kan besigtig. Die Kuierstoep en die biblioteek is ook daar geleë. Rotsgravure is volop in die koppies rondom Orania. Daar is gravure wat tot so ver as 4,000 jaar terug dateer, asook ander interessanthede uit die geskiedenis van die omgewing, bv. gravure uit die tyd van die Anglo-Boereoorlog. Voelkyk, hengel en watersport is ook gewilde tydverdrywe. Talle landbouprojekte, soos die groot pekanneutaanplantings onder besproeiing, is die moeite werd om te besigtig. Onthou ook om die Koeksistermonument, wat voor die munisipale swembad staan, te besoek! Orania beskik onder andere oor:
Vir verdere inligting en brosjures oor besienswaardighede, besoek die Orania Beweging in die Vryheidsentrum op Orania. Kontak Coraine Oosthuizen by 053 207 0062 of John Strydom by 082 975 8132 Tuisblad | Hotel Kamers | Rivier Spa | Restaurant | Orania | Tariewe | Besprekings | Kontak | Link Exchange | English
© Orania Toere, 'n afdeling van die Orania Oewerhotel en Spa Besoek ook gerus die webwerwe van Vry Afrikaner en Ons lief Orania! |