Tuis | Orania Gastehuis | Hotel | Chalets | Spa | Tariewe | Besprekings


Orania Gastehuis te Karoosig

Kom geniet die rustigheid van die Karoo en verken die pragtige omgewing om Orania. Karoosig Gastehuis is geleŽ op 'n koppie in die hartjie van Orania en spog met pragtige uitsigte oor die dorp en omliggende Karoo. Die gastehuis is sentraal geleŽ Ė naby al die toerisme aantreklikhede in die dorp, restaurante en winkels by Ou Karooplaas Sentrum en Stokkiesdraai Avontuurpark.


Bekostigbare verblyf in Orania by Karoosig

Met 'n sentrale ligging in Orania en asemrowende uitsigte, bied Karoosig Gastehuis gesellige en gerieflike verblyf teen bekostigbare tariewe. Die gastehuis het 2 dubbelkamers, 'n gesinskamer en 'n selfsorg eenheid, elk met sy eie en-suite badkamer met 'n stort.

Al ons kamers het lugversorging, 'n yskassie, haardroŽr en Dstv. Ons voorsien handdoeke, gratis koffie en tee, stortjel en sjampoe. Ons gesinskamer het 'n hoofslaapkamer met Ďn koningin-grootte bed en 'n aparte kamer met twee enkelbeddens. Die selfsorg eenheid het 'n hoofslaapkamer met 'n koning-grootte bed en 'n oopplan kombuis en sitkamer met 'n slaapbank.

Karoosig Gastehuis bied privaat parkering en 'n ruim kuierstoep waar gaste die Karoo-sonsak kan geniet. Daar is ook 'n swembad en ingeboude braai vir gaste se gebruik. Borde, eetgerei, glase en als wat mens benodig vir 'n gesellige braai word verskaf.

Tariewe en besprekings

Enkelverblyf: R 500 per kamer per nag (maks. 1 persoon)

Dubbelkamer: R 700 per kamer per nag (maks. 2 persone)

Gesinskamer: R 900 per kamer per nag (maks. 4 persone)

Selfsorg eenheid: R 1 000 per kamer per nag (maks. 4 persone)

Bespreek aanlyn of stuur 'n epos na besprekings@oraniatoere.co.za

Gratis begeleide toer van Orania

Ons sluit 'n gratis begeleide toer van Orania in vir besoekers. Die toer duur sowat 2 ure. Gedurende u besoek aan Orania stel ons voor dat u ons dorpie se kunswinkels, museums, geskenkwinkels, koffiewinkels, monumente ens. besoek. Na u gratis begeleide toer van Orania sal u 'n goeie idee he waar al die besienswaardighede in Orania geleŽ is.



© Orania Toere. kontak@oraniatoere.co.za. Webwerf ontwerp deur QD. Sien ook Lief Orania en Golf Tours South Africa
Tuis | Orania Gastehuis | Orania Hotel | Selfsorg Chalets | Orania Rivier Spa | Tariewe | Meer oor Orania | Kontak | Skakels | English