Tuisblad      Orania Verblyf      Orania Rivier Spa      Oewer Restaurant      Orania en Omgewing      Tariewe      Besprekings
Orania
Orania Orania

Orania Rivier Spa

Daar is min plekke op aarde waar mens die natuurskoon en sielerus kan waardeer soos in Orania. Om 'n spa belewenis te geniet in ons asemrowende Karoo landskap op die oewer van die Oranjerivier is 'n ervaring wat min kan beskryf.

Die besonderse argitektuur van hout en klip is voorwaar 'n lus vir die oog. Met die kalmerende klanke van vloeiende water op die oor, verkeer mens vinnig in 'n staat van algehele ontspanning.

Ons vriendelike terapeute gebruik keur spa produkte en verseker die besoeker van 'n volkseie ervaring van hoë gehalte. Orania spa is oop van 09:00 tot 17:00, Maandae tot Saterdae.


Spa belewenisse

Welgeluksaligheid, 1:30

Enige van die volgende:

  • Vol gesigsbehadeling en 'n hand- en voetmassering
  • Vol mani- of pedikuur en 'n Indiese kopmassering
  • 'n Verfrissende stort en 'n rug-, nek- en skouermassering en Diep Bevogtiging

Talmende Welgeluksaligheid, 2:30

Enige van die volgende:

  • Gesigbehandeling, Indiese kopmassering en voetmassering met warm klippe
  • Seesout en olie afskilfering, rug-, nek- en skouermassering en voetmassering
  • Vol mani- en pedikuur met paraffienwas en koel klip gesigmassering

'n Welgeluksalige oggend of middag, 4 ure

Enige van die volgende:

  • Seesout en olie afskilfering, vollyf Hawaiiese massering en mini gesigbehandeling
  • Sewierbad, vollyf aromatiese massering en Franse manikuur
  • Seesout en olie afskilfering, warm klipmassering en Indiese kopmassering
- Ontbyt of middagete ingesluit

'n Hele dag van welgeluksaligheid, 5 ure

Enige van die volgende:

  • Seesout en olie afskilfering, seewierkoekon, rug-, nek- en skouermassering en koel klip gesigmassering
  • Vulkaniese modderbad, vollyf warm klipmassering, mini manikuur
  • Verfrissende stort, vollyf aromatiese massering, vol gesigbehandeling
- Ontbyt en middagete ingesluit

Let asb. daarop dat die tye wat aangedui is by elke belewenis nie die duur van die behandelings impliseer nie maar wel die tyd wat ons aanbeveel sodat u ook tussen behandelings kan ontspan en die dek, tuin en stoomkamer kan geniet.

Sien ons tarieflys.

Skakel Orania Rivier Spa vir pryse en meer inligting. Kontakpersoon: Karin, tel. 071 673 9705







Individuele behandelings

Masserings

  • Vol Sweedse massering, 60 min
  • Aromaterapie, 60 min
  • Warm klipmassering, 60 min
  • Hawaiiese massering, 60 min
  • Rug-,nek- & skouermassering 30 min
  • Indiese kopmassering, 30 min
  • Scen Tau, 90 min
  • De-Stress, 60 min

Lyfbehandelings

  • Melk-,seewier- of modderbad, 30min
  • Seesout en olie afskilfering, 30 min
  • Diep bevogtiging, 30 min
  • Modder- of seewierkoekon, 30 min

Gesigbehandelings

  • Vol gesigbehandeling, 60 min
  • Mini besigbehandeling, 30 min

Skoonheid

  • Manikuur, 60 min
  • Pedikuur, 60 min
  • Franse mani- of pedikuur, 60 min
  • Paraffienwas opsioneel, 30 min
  • Mini manikuur, 30 min
  • Mini pedikuur, 30 min

'n Sewende Hemel Ervaring, 6 ure
Nie meer as 2 persone per dag nie

Enige van die volgende:

  • 'n Seesout en olie afskilering en verfrissende stort
  • 'n Koekonbehandeling van jou keuse (seewier of vulkaniese modder)
  • Vollyf aromatiese massering
  • Gesigbehandeling en hand-en voetmassering

OF

  • 'n Seesout en olie afskilfering en verfrissende stort
  • Scen Tau: Vollyf massering met 'n kombinasie van warm klippe en aromatiese olies
  • Gesigbehandeling en hand-en voetmassering
  • Indiese kopmassering en Diep Bevogtiging
- Ontbyt en middagete ingesluit

Orania

Tuisblad | Hotel Kamers |  Rivier Spa | Restaurant | Orania | Tariewe | Besprekings | Kontak | Link Exchange | English

© Orania Toere, 'n afdeling van die Orania Oewerhotel en Spa

Besoek ook gerus die webwerwe van Orania Toerisme, Orania Markplein en Ons lief Orania!

Orania