Tuis | Orania Hotel | Selfsorg | Tariewe | Besprekings


Orania Selfsorg Chalets

Ons vakansieoord bied 3ster selfsorg chalets vir gesinne en families van 4 tot 9 mense. Elke chalet het parkering, braaigeriewe, TV met DSTV, 'n toegeruste kombuis en 'n ensuite badkamer. Groter chalets het twee badkamers. Eetgerei, beddegoed en handdoeke word voorsien. Ons gaste geniet gratis toegang tot al die oord se fasiliteite, o.a. die spa, swembad en restaurante.


Ideaal vir gesinne

Almal wat al in Orania oornag het, kan getuig van die vreedsaamheid wat die Afrikanertuiste so 'n unieke bestemming maak. Hier kan mens nog 'n welverdiende gevoel van totale veiligheid, rustigheid en vrede geniet.

Die selfsorg chalets is ideaal vir gesinne. Die kleinspan kan na hartelus speel en baljaar op ons uitgestrekte grasperke. Die wandelroetes in en om die oord is geskik vir bergfietse en kanoes kan by ontvangs gehuur word.

Ons het een- en tweeslaapkamer chalets en 'n groot eenheid wat 9 mense kan akkommodeer. Meeste chalets het bad en stort geriewe, maar sommige eenhede het net 'n stort of 'n bad. Sommige chalets het kaggels.

Orania het twee supermarkte waar alle inkopies daagliks gedoen kan word. Hout kan by ontvangs gekoop word. Die Oranjerivier is binne stapafstand van alle chalets en gaste is welkom om vis te vang en te roei.

Sien gerus ons bekostigbare tariewe en bespreek jul verblyf in Orania aanlyn!

Gratis begeleide toer van Orania

Ons sluit n gratis begeleide toer van Orania in vir besoekers. Die toer duur sowat 2 ure. Gedurende u besoek aan Orania stel ons voor dat u ons dorpie se kunswinkels, boetieks, museum, geskenkwinkels, koffiewinkels, monumente ens. besoek. Na u gratis begeleide toer van Orania sal u 'n goeie idee h waar al die besienswaardighede in Orania gele is.



© Orania Toere. kontak@oraniatoere.co.za. Webwerf ontwerp deur QD. Vertoon beste op Internet Explorer. Sien ook lief-orania.co.za en vryafrikaner.co.za
Tuis | Orania Hotel | Selfsorg Chalets | Orania Rivier Spa | Tariewe | Meer oor Orania | Kontak | Skakels | English