Tuisblad      Orania Verblyf      Orania Rivier Spa      Oewer Restaurant      Orania en Omgewing      Tariewe      Besprekings      English
Orania
Orania Orania
Can't understand Afrikaans? We welcome visitors from all over the world and regularly receive guests from overseas. For your convenience, this website is also available in English

Orania Vakansieklub!

Sluit aan by die Orania Vakansieklub en kom geniet 'n unieke volkseie ervaring vir 'n appel en 'n ei! Lees meer

Orania Nuus

Bly op hoogte van al ons spesiale aanbiedinge en ontvang interessante nuus uit Orania!

Lees gerus ons
laaste nuusbrief en teken ook in om ons toekomstige nuusbriewe te ontvang.
U e-pos adres:     
Spesiale aanbiedinge vir aanlyn besprekings
MAAND DAG SPESIALE AANBOD
Orania
Julie 01-31 Bespreek 3 of meer nagte gedurende hierdie tydperk en ontvang 1 gratis nag verblyf! Meld verwysing 'gratis verblyf' wanneer u bespreek.
Orania
Augustus 01-30 Bespreek 3 of meer nagte gedurende hierdie tydperk en ontvang gratis halfuur behandeling by die asemrowende Orania Rivier Spa! Meld verwysing 'gratis spa' wanneer u bespreek.
Orania

Orania

Welkom in die Afrikanertuiste!

Langs die dig beboste oewer van die Oranjerivier, tussen die koppies en uitgestrekte velde van ’n sprokieswęreld Karoolandskap, wag ‘n unieke ervaring op die besoeker in die hartland van die Afrikaner.

Orania is meer as net ‘n pragtige dorp met talle besienswaardighede, gasvry inwoners en prettige aktiwiteite vir jonk en oud. Orania is die hartklop van die Afrikaner se vryheidsideaal, die verwesenliking van ons volk se eeue-oue hunkering na ‘n plek in die son waar ons onbeskaamd ons geloof, taal, tradisies en kultuur kan uitleef.

Orania is ook meer as net ‘n gemeenskap. Orania is die groeipunt van ons eie selfstandige Afrikaner Republiek waar ons ons eie lot kan bepaal en met trots die Afrikaner in ons eie volkstaat kan bemagtig.

‘n Besoek aan Orania is ‘n ervaring wat ’n mens van meet af vul met sielerus en hoop, maar terselfdertyd ook met ’n energie wat ons laat besef wat werklik bedoel word met Afrikaner-vryheid.

Besoek Orania in styl

Die pragtige Orania Oewerhotel en Spa is geleë op die boomryke oewer van die Oranjerivier in die pragtige Bo-Karoo. Ons gaste word bederf met luukse 4ster geriewe en die einste vriendelike Afrikaanse gasvryheid waarvoor Orania węreldwyd bekend staan.

Die Orania Oewerhotel en Spa bied 12 stylvol versierde kamers met en-suite-badkamers. Ons idilliese ligging is perfek vir 'n ontspanne wegbreekkans vir die familie, asook 'n romantiese ontsnapping saam met die spesiale persoon in jou lewe. Chalets is ook beskikbaar op aanvraag.

Orania Besienswaardighede

Die Afrikanertuiste bied vele besienswaardighede vir besoekers

Orania lewe! Dit lewe van entoesiasme en ondernemingsgees. Meer nog, dit lewe, want hier woon mense.

Die dorp wat vroeër deur die Departement van Waterwese gebou is en jare leeg gestaan het, is vandag węreldwyd bekend as tuiste van Afrikaners.

Lees meer
orania

Tuisblad | Hotel Kamers |  Rivier Spa | Restaurant | Orania | Tariewe | Besprekings | Kontak | Link Exchange | English

© Orania Toere, 'n afdeling van die Orania Oewerhotel en Spa

Besoek ook gerus die webwerwe van Orania Toerisme, Orania Markplein en Ons lief Orania!

Orania